Spek Kaas En Uietert

Ingestuur deur Jan van Niekerk

Bestanddele:
200 g Spek
175 g Klein kaasbeskuitjies
90 g Margarien
175 g Gruyere of Emmenthalkaas (Gouda sal ook werk)
1 Medium grootte ui
200 ml Natuurlike dik yoghurt
5 Groot eiers
Sout en peper
‘n Knippie dill (opsioneel)
50 g Cheddarkaas

Metode:
1. Braai die bacon in ‘n braaipan tot dit bros is en verwyder van die pan. Hou die braaivet in die pan.
2. Dreineer die bacon, verkrummel dit en hou eenkant.
3. Kombineer die gesmelte botter met die verkrummelde kaasbeskuitjies en voer die bodem van ‘n 25cm tertbak daarmee uit.
4. Sprinkel die verkrummelde spek bo-oor.
5. Voeg die fyngekapte uit by die vet wat in die pan gehou is en braai liggies tot gaar.
6. Kombineer die uie met die gerasperde Gruyere / Emmenthal / Goudakaas, yoghurt en die geklitste eiers.
7. Geur na smaak met sout, peper en dill.
8. Skep die mengsel bo-op die beskuitkors en bak by 180ºC vir 30 – 40 minute.
9. Verwyder van die oond en sprinkle die Cheddarkaas bo-oor.
10. Bak vir ‘n verdure 3-4 minute vir die Cheddarkaas om te smelt.
**Laat afkoel en bedien koud of net lou.♫
Bon appétit!
– Adam Cloete.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 319 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *