Spekworsies

Bestanddele
6 varkworsies
6 repies spek
1 eetlepel (15 ml) heuning
2 eetlepels (30 ml) heelkorrelmosterd
sout en peper na smaak

Metode
Voorverhit die oond tot 200° C.
Draai ‘n spekrepie styf om elke worsie.
Meng die heuning en mosterd saam.
Plaas die worsies op ‘n bakplaat en bedruip met die heuning- en mosterdsous.
Geur met sout en peper.
Bak die worsies vir 12 tot 15 minute tot die spek bros en die worsies gaar is.
Bedien warm saam met roereier en roosterbrood.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 200 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *