Suurlemoen-en-Tiemie Tjops

Ingestuur deur Jan van Niekerk

Genoeg vir 2-3 mense
Bereiding: 30 min.
Staantyd: 15 min.
Gaarmaaktyd: 15-20 min.

Bestanddele:
Vleis
30 ml (2 e) Suurlemoensap, vars uitgedruk
5 ml (1 t) Olyfolie
2-3 Takkies vars tiemie, gekap
1 Knoffelhuisie, fyn gedruk
Sout en pas gemaalde swartpeper
6 Lamslendetjops, 2,5 cm dik gesny

SALSA
1 Stewige tamatie, gekap
¼ Komkommer, in klein blokkies gesny
1 Rooiui, gekap
1 Wiel (100 g) fetakaas
15 ml (1 e) Rooiwynasyn
15 ml (1 e) Olyfolie
2 ml (½ t) Suiker

Vleis
Meng die suurlemoensap, olie, tiemie, knoffel, sout en peper goed. Plaas die tjops in ’n toe-rits-plastieksakkie en giet die marinade oor. Seël goed en laat 15 minute by kamertemperatuur rus.

Salsa
Plaas die tamatie, komkommer, ui en feta in ’n bak. Meng die asyn, olie en suiker en giet dit bo-oor. Meng liggies. Braai die tjops op warm kole. Braai die vetkant eerste tot die vet bros is. Braai verder aan die ander kant tot net gaar terwyl jy dit dikwels omdraai. Sit die tjops met die vars salsa voor.
Hou daai kole warm.
Deon

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 574 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *