Varkvleis Sosaties op sy Beste

Ingestuur deur Jan van Niekerk
Van Huisgenoot

Die perfekte marinade vir die ander witvleis.
Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 15 min.
Marinering: 60 min.
Gaarmaak: 30 min.

Bestanddele:
30 ml (2 e) Olie
15 ml (1 e) Koljandersaad, gerooster en fyngedruk
5 ml (1 t) Vinkelsaad, fyngedruk
1 Ui, in skywe gesny
2 cm Vars gemmer, gerasper
3 Knoffelhuisies, fyn gekap
15 ml (1 e) Kerriepoeier
10 ml (2 t) Borrie
60 ml (¼ k) Koue water
80 ml (⅓ k) Asyn
45 ml (3 e) Suiker
Sout en vars gemaalde swartpeper
1 kg Vark-ghoelasj, in blokkies gesny
6 Baba-uie, geskil en gehalveer
12 Droë appelkose

Metode:
Verhit die olie in ’n pan en voeg die droë saad by. Braai ’n paar sekondes en voeg dan die ui, gemmer, knoffel, kerriepoeier en borrie by.
Braai die uie tot sag. Voeg die water, asyn en suiker by en laat kook die marinade sowat 3 min. Geur na smaak. Laat die marinade heeltemal afkoel.
Sodra die marinade afgekoel het, gooi dit in ’n plastiekbak. Voeg die vark, baba-uie en appelkose by die marinade. Sit 1 uur in die koelkas.
Steek die varkblokkies aan steekpenne en wissel dit af met stukke ui en appelkose.
Plaas ’n groot pan oor matige hitte en sit die sosaties in. Braai 20 min. en draai die sosaties om terwyl dit gaar word.
hOU DIE KOLE WARM

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 646 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *