Biltong en Cheddarkaas Quiche

Ingestuur deur Jan van Niekerk
Bron: Sarie Kos

Quiche-kors:
Bestanddele
Vir ‘n 2 x 20 cm tert:
200 g (350 ml) Koekmeel
100 g (110 ml) Botter, in blokkies gesny
1 Eiergeel (hou wit van eier eenkant)
45 ml Koue water

Metode
Verhit oond tot 180 grade C. Plaas meel in voedselverwerker. Voeg botter by en verwerk tot dit soos broodkrummels lyk. Voeg eiergeel by en meng. Voeg water by en meng tot deeg vorm. Haal deeg uit en draai toe in kleefplastiek. Laat rus sowat 20 minute in yskas.
Halveer deeg en bedek een helfte met kleefplastiek en hou in yskas tot benodig. Rol ander helfte dun uit op meelbestrooide oppervlak. Vou deeg oormekaar soos op foto en plaas op ‘n 20 cm-quiche-pan wat met kleefwerende kossproei gespuit is. Plaas pannetjie op ‘n bakplaat en vou deeg oop. Die deeg moet oor die rand van die pannetjie hang. Dit sal keer dat die deeg krimp. Druk deeg vas met vingerpunte. Plaas ‘n groot stuk waspapier bo-op en vul pannetjie met droe boontjies.
Plaas in oond en bak vir 20 minute. Haal uit en smeer binnekant van deeg met die eierwit. Sny rand van die deeg af met ‘n skerp mes. Nou is die quiche-kors gereed om gevul te word.

Vulsel:
Bestanddele
100 g Sterk wit cheddarkaas
100 g Biltong, gesny
15 ml Pietersielie, fyngekap
125 ml Room
1 Eier
Sout en peper

Metode
Verhit oond tot 180 grade C. Vul die voorbereide quiche-kors as volg:
Rasper cheddarkaas en sprinkel in voorbereide kors.
Kap die biltong in kleiner stukke en sprinkel bo-op kaas.
Klits die room en eier saam in ‘n bakkie en geur met sout en peper.
Plaas op ‘n bakplaat en gooi roommengsel versigtig oor vulsel.
Plaas in oond en bak vir 40 – 45 minute.
Haal uit en sprinkel die fyngekapte pietersielie bo-oor.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 485 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *