Blomkool en kaas Gebak

Ingestuur deur Jan van Niekerk

Bestanddele:
230 g Maaskaas
500 ml (2 k) Volroommelk
’n Knippie cayenne
’n Knippie neutmuskaat
Sout en peper
300 g Cheddar, gerasper
200 g Blomkool, geblansjeer
250 g Spekvleis, gekap en gebraai
30 g Botter

Metode:
Voorverhit die oond tot 180 ˚C.
Puree die maaskaas, melk, cayenne, neutmuskaat en sout en peper in ’n verwerker. Hou 60 ml (¼ k) gerasperde kaas eenkant vir bolaag. Meng oorblywende gerasperde kaas, melkmengsel, blomkool en spekvleis in ’n groot bak.
Giet in die voorbereide pan en bak 30 min.
Roer liggies, strooi die orige kaas oor en stippel met botter.
Bak nog 15 min. tot verbruin.

Deur Hope Malau
Huisgenoot

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 502 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *