Bone Ontbyt

Bestanddele
1 ui, fyn gekap
250 g streepspek, gekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
5 ml (1 t) gerookte paprika
2 x 400 g-blikke cannellini-bone, gedreineer
400 g tamatiepuree
125 ml (½ k) tamatiesous
200 ml (¾ k) beesvleisaftreksel
30 ml (2 e) worcestersous
125 ml (½ k) bruinsuiker
sout en peper
brood en eier vir voorsit

Metode
Braai die ui en spek in ’n groot pan oor matige hitte tot die spek goudkleurig en bros is.
Voeg die knoffel en paprika by en braai ’n paar sekondes. Voeg die res van die bestanddele by.
Laat prut 30 min. of tot verdik.
Sit voor op die roosterbrood saam met ’n gebakte eier.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 175 times, 4 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *