Gemmerbier Hoender

Ingestuur deur Jan van Niekerk
Bron:Radio Namakwaland

Bestanddele:
10 Stukke hoender
1 Pakkie samoioensoppoeier
1 Blikkie gemmerbier
1 Ui, gekap
Sout en peper na smaak

Metode:
Geur die hoenderstukke met sout en peper.
Pak die vleis in ‘n enkellaag in oondbak.
Braai die ui in bietjie olie en sprei oor die hoender.
Meng die soppoeier en gemmerbier en gooi egalig oor die vleis.
Bedek die pan met tinfoelie of sy deksel.
Bak in voorver oond by 180ºC vir 1 uur
Verwyder die foelie en bak nog 30 minute tot die sous verdik
Bedien met rys en groente van jou keuse.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 920 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *