Ingelegde Avos

Bestanddele
2 ferm avokados, geskil en in skywe gesny
75 ml olyfolie
90 ml suurlemoensap
½ teelepel sout
1 teelepel swartpeper
175 ml appelasyn

Metode
Meng al die bestanddele, behalwe die avokados, in ‘n mengbak.
Plaas in die mikrogolf vir 2 minute op 50%.
Plaas die helfte van avokados in die mengsel, en mikrogolf vir 1 minuut op 50%.
Haal die avokados versigtig uit, en plaas dit in ‘n gesteriliseerde bottel.
Herhaal die proses met die res van die avokados.
Gooi die sous in die bottel, en plaas in die mikrogolf vir 1 minuut.
Laat dit afkoel en skroef die deksel toe.
Dit hou vir 5 maande op die rak.

* Verdubbel sous as dit te min is.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 790 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *