Kerrievis ~ Onbekend

Bestanddele
1 pak (800 g) bevrore stokvis
koekmeel
olie

Sous
2 uie, gekap
1½ koppie wit of bruinasyn
1 koppie water
1½ koppie wit of bruinsuiker
1 eetlepel kerriepoeier
1 teelepel borrie
1 teelepel sout
½ teelepel fyn gemmer
6 – 10 heel peperkorrels
4 lourierblare
2 – 3 eetlepels Maizena
2 – 3 eetlepels water

Metode
Strooi die meel liggies oor die vis, en braai in pan met olie tot gaar.
Dreineer die vis op kombuispapier om die oortollige olie te verwyder.
Meng al die bestanddele vir die sous (behalwe die Maizena en water) in ‘n groterige kastol, en verhit tot kookpunt.
Roer om die suiker heeltemal op te los en laat 5 minute lank stadig prut sonder ‘n deksel.
Maak die Maizena met die water aan tot ‘n gladde pasta, en voeg by die sous.
Voeg die vis by.
Prut liggies terwyl jy versigtig roer tot die sous verdik.
Laat dit ten minste 5 minute lank prut.
Laat dit afkoel en skep in ‘n nie-metaal houer of glasfles.
Bedek en hou in die yskas.
Dien op saam met brood en ‘n lekker slaai.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 414 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *