Macaroni en Kaas met Eier

Jan van Niekerk se Resep

Bestanddele:
2 k Macaroni
1 t Sout
Water om in te kook
10 ml Olie
6 Eiers
2 t Sout
1 t Peper
1 t Aangemaakte mosterd
1 Liter melk
1-1½ k Gerasperde Cheddarkaas
2 E Botter

Metode:
Verhit oond tot 160ºC. Kook macaroni in soutwater en olie tot sag en dreineer.
Klits eiers effens.
Voeg smaakmiddels en melk by.
Voeg gaar macaroni en kaas by en skep in gesmeerde, oondvaste bak.
Sit klontjies botter bo-op. Bak 1 uur.
imagesLewer 4 tot 6 porsies

Indien verkies, sit tamatieskywe onderin die bak met ‘n laag droë broodkrummels en skyfies tamatie bo-op voordat dit in die oond geplaas word.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 4,897 times, 5 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *