Open. 3 V 17

Donderdag 17 Maart 2016 Tema: Ons Klere 4

**** My eie woorde
**** Tot nog toe het dit goed gegaan want ons het elke dag na die
voorkoms van ons ons klere gekyk, maar wat daarvan indien jy
gedink het jy is geklee, en dan die skokkende ontdekking, jy ontdek jy
is naak . Jy het gedink jy het alles jy ken alles en jy verstaan tog alles
maar dan ontdek jy, as jy eerlik voor die Volmaakte Maatstaf staan,
dat jy sonder klere is, ja sonder geestelike klere

Open. 3 V 17 Julle sê: “Ons is ryk, skatryk, en ons het niks meer
nodig nie,” en julle weet nie dat julle ellendig en beklaenswaardig is
nie, arm, blind en kaal.

****So wat maak ek nou, ek maak my toe met my eie klere van goeie
werke, nes Adam en Eva vyeblare van hulle eie geregtigheid probeer
gebruik het en die skuld vir hulle sonde op God geplaas het.
Jes 64 V 6 Ons het almal geword soos mense wat onrein is, ons
beste dade is soos vuil klere; ons is almal soos verdroogde blare, ons
word deur ons sondes weggewaai soos deur ‘n wind.

Matteus 6:23 Maar as jou oog verkeerd is, sal jou hele liggaam
donker wees. As dan die lig in jou donkerheid is, hoe groot is die
donkerheid nie!
Efes 2 V 8Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie
redding kom nie uit julleself nie; dit is ‘n gawe van God. V9 Dit kom
nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede
om op homself trots te wees nie. V10 Nee, God het ons gemaak wat
ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy
aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.
1 Petrus 2:4 Kom na Hom toe, die lewende steen wat deur die
mense wel verwerp is, maar by God uitverkore en kosbaar is;

GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 17 Maart 2016
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag.
Sonja Kempen 17 Mrt
Ina Lombaard 17 Mrt
Connie Rawlings17 Maart
Janetta Swartz 17 Maart
Perl Strauss 17 Mrt
Indien jy op Facebook is “like” asb my skakel
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
________________________________________
Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
blye.versekering.audiocd@gmail.com?subject=Gratis_CD_asb
of stuur epos aan blye.versekering.audiocd@gmail.com
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadres met “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Ek stuur daagliks in die week e-pos uit, indien jou e-pos ophou,
doen asb. navraag. Soms verloor ek adresse ander kere kom e-pos
aanhoudend terug dan staak ek die inskrywing.
________________________________________
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
gebruik net die epos adres:
Gebed.asseblief@gmail.com
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring
Terugvoer:
blye.versekering@gmail.com?subject=Terugvoer
Om uit te teken:
Wanneer jy met verlof gaan of van werkplek verander teken uit asb.
blye.versekering@gmail.com?subject=STAAK
________________________________________

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 139 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *