Psalm 57:2

BY U SOEK EK SKUILING.

Psalm 57:2 vertel ons: “Wees my genadig, o God! Wees my genadig, want by U he my siel geskuil, en in die skaduwee van u vleuls sal ek skuil totdat die onheil verbygegaan het.”

Dawid skryf hierdie gedig, wat as Psalm 57 in die Ou Testament opgeneem is, na aanleiding daarvan dat hy vir Saul in die grot in gevlug het.

Op ons lewenswandel ervaar ons baie kere storms wat onvermybaar is. Ons moet besef dat ons almal storms in ons lewens sal ervaar. Hierdie storms help ons karakter bou. Terwyl die storms rondom ons woed, kan ons ons hoop en vertroue op Hom rig.

Psalm 57 bevestig kortliks die volgende belangrike aspekte:
* God sal ons help.
* God sal ons red.
* Hy wil namens ons werk.
* Hy wil ons beloon.
* Hy wil Sy doel en plan vir ons aan elkeen van ons bekend maak.

Here, ek weet dat storms sal kom en gaan, maar in U liefde hoop en vertrou ek. Here, beloon my en werk namens my en laat my asseblief lewe binne U perfekte wil vir my lewe. Dankie daarvoor, my Koning, in Jesus Naam. Amen.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 79 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *