Sag 3V33

Maandag 14 Maart 2016 Tema: Ons Klere 1
**** My eie woorde
****Klere. Dis iets wat ons elkeen ken, en sedert die val in Eden dra
die mensdom klere. Hoe lyk die klere wat jy aan het. Wat vertel jou
klere vandag vir mense met wie jy te doen kry, want sien ons klere
vertel ‘n storie. Klere sê vir die mense om my iets. Klere sê of ek oud
of jonk van hart is maar dit vertel ook wat binne my aangaan. Kyk
gerus op televisie ‘n Prostituut se klere is van so ‘n aard dat sy ‘n
boodskap oordra. Sy sê daardeur ” Hier is ek, ek is beskikbaar” Dis
die aardse klere.

Sag 3V33 OB1953
3 En Josua was bekleed met vuil klere, terwyl hy voor die Engel
staan. 4 Daarop het Hy aangehef en gesê aan die wat voor Hom
staan: Neem die vuil klere van hom weg….
Sag 3 V3 (NV1983)
Jesua het klere aangehad wat liederlik bevuil was. Hy het daar voor
die engel gestaan, V4 en die engel het vir sy helpers gesê: “Trek uit
dié liederlike vuil klere van hom.”….

**** Nou wat van my geestelike klere, hoe lyk dit? Wat sê my
geestelike klere vandag. Dis ‘n vraag wat net ek en jy vanoggend kan
antwoord. Dink in opregtheid daaroor na, en vra vir die Here Hy moet
jou wys Hoe lyk jou klere, ja die wat jy dra maar ook hoe lyk jou
KLERE… die geestelike klere wat jy dra. Ons gaan môre verder.

GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 14 Maart 2016
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag.
Mirie Snyman 14 Mrt
Thea Gouws 14 Mrt
Elizabeth Rathbone 14 Mrt
Indien jy op Facebook is “like” asb my skakel
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
________________________________________
Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
blye.versekering.audiocd@gmail.com?subject=Gratis_CD_asb
of stuur epos aan blye.versekering.audiocd@gmail.com
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadres met “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Ek stuur daagliks in die week e-pos uit, indien jou e-pos ophou,
doen asb. navraag. Soms verloor ek adresse ander kere kom e-pos
aanhoudend terug dan staak ek die inskrywing.
________________________________________
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
gebruik net die epos adres:
Gebed.asseblief@gmail.com
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring
Terugvoer:
blye.versekering@gmail.com?subject=Terugvoer
Om uit te teken:
Wanneer jy met verlof gaan of van werkplek verander teken uit asb.
blye.versekering@gmail.com?subject=STAAK
________________________________________

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 72 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *