SUURLEMOEN ROOMYS POEDING

Ingestuur deur Anita
Hierdie is ‘n banting resep

Bestanddele
2 koppies room (styfgeklop),
1/2 koppie suurlemoensap,
2 t suurlemoenskil,
2 eiers,
1 koppie xylitol

BOLAAG:
3 eetl botter,
3 eetl xylitol,
1 koppie gekapte neute

METODE:
Vou die suurlemoensap en skil in die styfgeklopte room in.
Klits die eiers en xylitol tot dik en meng met die room.
Vir bolaag, smelt botter en xylitol en roer die neute in. Laat afkoel en skep dit dan bo-oor die roommengesel.
Laat stol in die vrieskas tot hard.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 472 times, 1 visits today)
Advertisements

2 thoughts on “SUURLEMOEN ROOMYS POEDING”

    1. Xylitol is ‘n suiker alkohol wat gebruik word as ‘n versoeter. Dit is algemeen beskikbaar by enige supermark, dit is gewoonlik by die suiker en versoeters.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *