Ta Alie se Markaronie en Kaas

Ingestuur deur Alida Schultz

Bestandele:
Markaronie
Sout na smaak
swartgemaalde peper
1 koppie gerasperde cheddar kaas
1 koppie gerasperde parmasaankaas
1 houer vars room
2 pakke spek
1 ui
1 eetlepel vars gekapte pietersielie
500ml vars melk
2 eiers

Metode:
Kook pasta tot sag en dreineer.
Kap uie fyn asook spek en braai in bietjie olie tot goudbruin.
Meng die helfte van albei kase in by pasta.
Voeg vars pietersielie en sout en peper by.
Voeg uie en spek by.
Roer melk en room bymekaar,klits eiers effens en voeg by melkmengsel.
Meng lekker goed deur die pasta mengsel, skep in diep oonvaste bak.
Strooi ander halwe kasse bo-oor en bak in matige oond tot goudbruin. (Ek strooi altyd ‘n klein bietjie paprika bo-oor net vir versiering maar dit gee ook ‘n aangename smaak)

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 371 times, 1 visits today)
Advertisements

One thought on “Ta Alie se Markaronie en Kaas”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *