Titus 2:11-13

Lees Titus 2:11-13: “Die genade van God wat verlossing bring, het immers aan alle mense verskyn. Dit voed ons op om die goddelose leefwyse en wêreldse begeerlikhede te laat vaar en met selfbeheersing, opregtheid en godsvrug in die teenswoordige wêreld te lewe, terwyl ons uitsien na die gelukkige dag wat ons verwag.”
(Bybel aanlyn beskikbaar by www.bybel.co.za)

• ‘n Ontstellende prentjie van ‘n samelewing in ‘n diepe moraliteitskrisis – dis die indruk wat mens van SA kry! Dit was ook die krisis op die eiland Kreta, waar die gelowige Titus moes woon en werk…

• Wat gemaak, Christen? Ons sou kon onttrek…, emigreer na doer onder of (soos baie van ons doen) innerlik, na binne emigreer…, onsself van die samelewing losmaak en vingerwysend en veroordelend die spulletjie gadeslaan – vanuit ons “heilige hokkie”.

• Ons sou ook, gebalde vuis in die lug, kon skree: Genoeg is genoeg! Ja, dit is nou genoeg! Iets moet gedoen word – nie net deur die leiers van ons land nie, maar ook deur ons, Christene!

• In dié dreigende chaos herinner Paulus ons aan die genade van God se verlossing wat vir alle mense verskyn het!

• Is dit nie die antwoord nie? Christene oorgehaal en bereid om te leef vanuit die oortuiging dat hierdie verlossingsgenade vir alle mense bedoel is!

o In ‘n wêreldse oog dalk nie so indrukwekkend nie, maar (wat ‘n teoloog noem) burgerlike heldhaftigheid –geloofsmoed en -dapperheid!
Gebed: Almagtige Vader, ons dank U dat U verlossingsgenade in Jesus Christus verskyn het en dat U dit vir alle mense bedoel – ook vir my! Amen

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 97 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *