Visvinger Pastei

Ingestuur deur Gert Pieterse

Resep:

Jy benodig:
1 pak met 36 visvingers (gevries)
1 pakkie sampioenroom soppoeier
250ml vars room
410g blikkie tamatie en uiesmoor
Gerasperde kaas van jou eie keuse
Peper

Metode
Pak ‘n dubbellaag gevrieste visvingers langs mekaar in rye in ‘n oondbak
Gooi tamatiesmoor eweredig oor visvingers.
Gooi peper na smaak oor.
Geen sout asb!
Meng sampioenroomsop goed met room en gooi ook oor visvingers
Laastens, gooi gerasperde kaas bo-oor alles en bak teen 180º C vir so ongeveer 45 minute.
As pastei bokant nie bruin genoeg is na 40 min, skakel die “griller ” aan sodat dit mooi bruin word.
Laat staan buite die oond vir 10 min voor jy dit opdien met gebotterde broodrolletjies of roosterbrood.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,204 times, 1 visits today)
Advertisements

One thought on “Visvinger Pastei”

Leave a Reply to Anneline Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *