1 Samuel 2:21:

TIPES VAN CHRISTUSSE: SAMUEL.

1 Samuel 2:21: “Die Here het Hom oor Hanna ontferm, en sy het swanger geword en nog drie seuns en twee dogters gehad. Ondertussen het die seun Samuel voor die Here grootgeword.”

Ons kan aan Samuel dink as iemand wat totaal in die teenwoordigheid van die Vader grootgeword het. Hy was seker een van die toegewydste werkers van die Here en het alles wat hy gedoen het, gedoen omdat dit in opdrag van die Here was.

Samuel het so baie wonderwerke gedoen en het die hele tyd teen die vyande van die volk van God geveg. Hy het die volk gewaarsku teen die heidene wat die volk binnesypel en oorreed om agter ander gode aan te gaan. Hy het in werklikheid sy lewe gegee, sodat die volk rein kon bly of dat die volk geheilig kan bly.

Is dit nie maar wat Jesus ook gedoen het nie? Het Hy nie ook maar in die teenwoordigheid van die Vader opgegroei en die Vader in alles gehoorsaam en so ook die nuwe volk van God gebou uit die mense wat Hom aangeneem het nie? Hierdie volk het Hy probeer vertel van die Vader en gewaarsku teen die satan en die invloed wat die satan op die volk van God kan hĂȘ.

Wat is jou opdrag vandag? Gaan waarsku jou vriende en kollegas en gesinsgenote teen die satan en die aanslae. Vertel hulle van God se genade, maar waarsku hulle ook dat die duiwel nie van Christene hou nie.

GEBED: Dankie, Vader, dat ek weet van die duiwel en sy listigheid. Help my dat ander hoor as ek hulle waarsku. VREDE en JESUS groete. Amen.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 56 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *