Suurlemoen Krummel Hoender Schnitzels

Ingestuur deur Jan van Niekerk

Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 20 minute
Gaarmaaktyd: 15 minute

Bestanddele:
3-4 Hoenderbors filette
50 ml Gegeurde meel
2 Eiers, liggies geklits
250 ml Vars witbroodkrummels
Fyn gerasperde skil van 1 groot suurlemoen
50 ml Elk botter en olie vir panbraai
Aartappelskyfies, Groente en suurlemoenwiggies, om voor te sit

Metode:
Sny die hoenderfilette horisontaal middeldeur en gebruik ’n koekroller om elke stuk ewe dik te rol.
Skep die meel, eier en krummels in aparte vlak bakke. Meng die suurlemoenskil met die krummels. Druk een stuk hoender op ’n slag in meel, dan eier, en dan krummels. Pak op ’n bakplaat.
Verhit die helfte van die botter en olie oor matige hitte in ’n groot braaipan. Sit van die hoenderstukke in en braai dit 2-3 minute aan ’n kant of tot gaar.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 772 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *