Hoenderlewer Tortilla Gebak

Ingestuur deur Jan van Niekerk

Genoeg vir 6
Bereiding: 20 min.
Gaarmaak: 30 min.

Bestanddele:
1 Ui, fyn gekap
30 ml (2 e) Olie
2 Knoffelhuisies, fyngedruk
5 ml (1 t) FLIPPEN LEKKA Spice
5 ml (1 t) Fyn koljander
5 ml (1 t) Brandrissievlokkies
800 g Hoenderlewer
400 g Gekapte tamatie
400 g Nierbone, gedreineer
5 ml (1 t) Droë gemengde kruie
Peper
8 Tortillas

BOLAAG
250 ml (1 k) Mozzarellakaas, gerasper
125 ml (½ k) Cheddarkaas, gerasper
125 ml (½ k) Suurroom

Metode:
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n veerkoekpan.
Soteer die ui in die olie in ’n pan oor matige hitte. Roer die knoffel, FLIPPEN LEKKA Spice, koljander en brandrissievlokkies in. Voeg die hoenderlewer by en hou aan roer tot die kleur verander. Gooi die gekapte tamatie in en laat prut.
Voeg die bone en kruie by en laat 10 min. liggies prut terwyl jy af en toe roer tot die lewer baie sag is. Geur en roer die koljander in.
Laat pas 1 tortilla in die bakskottel en skep genoeg sous oor om dit te bedek. Herhaal met die res van die tortillas en die hoenderlewermengsel.
Bolaag Meng die bolaagbestanddele, bedek die tortillas en bak 15 min. of tot borrelend en goudkleurig. Laat staan 5 min. voor jy dit sny.
LEKKER RESEPTE VIR JAGTERS EN BOERE

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 476 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *