Bruin brood

Ingestuur deur Okkie jansen van Vuuren

Meng die volgende goed in jou knieskottel:

2 koppies wit brood meel
4 koppies nutty wheat
2 teelepels vinnig werkende droë suurdeeg-korrels
½ koppie sonneblomsaad

(Ek weet nie of mens nog die stadig-werkende suurdeeg-korrels kry nie. Dan moet jy dit anders hanteer)

Gooi in ‘n groot beker en meng:

3 en driekwart koppies lou water
2 teelepels sout
3 teelepels suiker
1 eetlepel asyn
1 eetlepel olie

Gooi nou hierdie laaste mengsel by die meel mengsel en roer goed. Dis redelik slap. Plaas in 2 gesmeerde broodpanne (ek neem sommer een grote) en sit in cooking bags sodat dit nie bo-op uitdroog nie. Sit in lou oond om te rys – so ongeveer driekwart uur. (ek sit dit, goed toegemaak in die son) As die panne so driekwart vol gerys het, plaas in 200 grade-oond vir ‘n uur. Dis regtig baie lekker.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 271 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *