Hamburger met Piesangsous

Ingestuur deur Jan van Niekerk

’n Sous soos dié bring die vleis se smaak na vore. Kinders en grootmense hou ewe veel hiervan.
Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 5 minute
Gaarmaaktyd: 8-10 minute

Bestanddele:
PIESANGSOUS
25 g Botter
10 ml (2 e) Olyfolie
15 ml (1 e) Matige kerriepoeier
25 ml (5 t) Meel
2 Uie, grof gekap
30 ml (2 e) Witwynasyn
150 ml Vleisaftreksel
5 ml (1 t) Sout
25 ml (5 t) Fyn appelkooskonfyt
15 ml (1 e) Sagte bruinsuiker
4 Piesangs, in skyfies gesny

HAMBURGERS
4 Broodrolletjies
500 ml (2 k) Blaarslaai
4 Gaar vleiskoekies

PIESANGSOUS
Verhit die botter en olie in ’n swartpot op warm kole en roerbraai die kerriepoeier sowat 1 minuut. Voeg die meel by en roerbraai sowat2 minute. Voeg die uie by en braai tot goudbruin. Roer die witwynasyn, vleisaftreksel, sout, appelkooskonfyt, suiker en piesangs by en roer tot die suiker opgelos is. Bring tot kookpunt en laat sowat 5 minute prut.

HAMBURGERS Sny die rolletjies oop en pak die blare op. Sit ’n hamburgerkoekie bo-op en skep die sous oor.

Radio Vryheid

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 226 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *