Kersie-en-Neute Bruintjie Koek

Ingestuur deur Jan van Niekerk

 

 

 

 

 

 

 

Bestanddele:
150 g Botter
300 g Donker sjokolade, gekap
375 ml Sagte bruinsuiker
4 Eiers, liggies geklits
250 ml Koekmeel
125 ml Suurroom óf natuurlike jogurt
100 g Rooi glanskersies, grof gekap
100 g Gemengde neute, gekap

Brandewynsous:
125 ml Suiker
60 ml Water
30 ml Botter
10 ml Vanieljegeursel
60 ml Brandewyn
Skeut room

Metode:
Voorverhit die oond tot 170 °C en smeer ’n koekpan van 24 cm. Voer uit met bakpapier en smeer weer. Smelt die botter en sjokolade saam tot glad. Laat effens afkoel.
Klits die suiker en eiers by en voeg daarna die meel en suurroom (of jogurt) by. Meng goed. Voeg die kersies en neute by en roer deur. Skep in die pan en maak gelyk.

Bak vir sowat 30-40 minute, tot die koek gaar, maar nog klam in die middel is. Sit louwarm of teen kamertemperatuur voor met goeie vanieljeroomys en vars bessies. Sit die brandewynsous teen dieselfde temperatuur as die koek voor.

Brandewynsous: Verhit suiker en water saam in ’n kastrol oor lae hitte, tot ál die suiker gesmelt is. Verhit tot kookpunt en kook vinnig vir vyf minute of tot ’n ligte karamelkleur. Verwyder van die hitte en voeg die botter, vanieljegeursel en brandewyn by. Roer goed, tot gesmelt. Voeg ’n skeut room by en sit voor met die nagereg.

Landbouweekblad, 17 Desember 2010

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 341 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *