Muesli-Stafies

Ingestuur deur Jan van Niekerk

Dié koekies word nie gebak nie – dis dus vinnig om te maak, maar moet in die yskas gebêre word.

Bestanddele:
625 ml Muesli van jou keuse
125 ml Rooi glanskersies, grof gekap
100 g (1 pakkie) Gemaalde amandels
375 ml Pofrysvlokkies (RiceKrispies)
250 ml Klapper
1 x 397g Blik volroom-kondensmelk
100 g Botter

Metode:
Meng die muesli, kersies, amandels, rysvlokkies en klapper goed.Smelt die kondensmelk en botter saam tot gladoor baie lae hitte (wees versigtig, kondensmelk brandmaklik aan) en voeg by die droë bestanddele. Roer goed tot deeglik gemeng. Keer uit in ’n gesmeerde pan van sowat 20x25cm en druk goed vas. Maak seker die mengsel is egalig. Verkoel tot stewig en sny invingers. Bêre in ’n lugdigte houer in die yskas.

Lewer 20-25 stafies.

Landbouweekblad 30 November 2010

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 520 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *