Ontbeende Varkribbetjie in Coka Cola

Ingestuur deur Jan van Niekerk

Bestanddele:
15 ml Olie
1 Ui, gekap
4 Knoffelhuisies, fyn gedruk
900 g Ontbeende varkribbetjies, in blokkies gesny
500 ml Cola-koeldrank
2 Ekstra knoffelhuisies, fyn gedruk
45 ml Sojasous
45 ml Gerasperde, vars gemmer
6-8 Grasuie, gekap
Sout en peper na smaak
Ekstra vars grasuie, gekap

Metode:
Verhit die olie in ‘n groot swaarboompot en braai die ui en knoffel liggies daarin tot gaar. Voeg die vleisblokkies by en braai tot goudbruin. Voeg die cola-koeldrank by en verhit tot kookpunt. Bedek en prut liggies vir 30 minute. Meng die knoffel, sojasous, gemmer en grasuie en voeg by die varkvleis. Bedek weer en prut vir ‘n verdere uur. Haal die deksel af en prut tot die sous effens afgekook is. Roer grasuie deur en sit voor op Basmati-rys.

Genoeg vir vier tot ses mense.

LEKKER RESEPTE VIR JAGTERS EN BOERE

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 216 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *