Ingestuur deur Jan van Niekerk
Bestanddele:
20 Baba-bete, opgekook
60 ml Bruinsuiker
60 ml Balsemiek-asyn
2 Wiele fetakaas, grof gekrummel
200 g Roket (opsioneel)
Metode:
Voorverhit die oond tot 200 °C. Trek die skilletjies van die gaar beet af en sny elke beet middeldeur. Pak in ’n oondbak en sprinkel die bruinsuiker en asyn oor. Oondrooster vir 30-40 minute tot gekarameliseer.
Sit die beet óf louwarm voor met fetakaas oorgesprinkel, óf laat dit afkoel en sit dit voor op ’n bed van roketblare met fetakaas bo-oor.
Variasie: Pleks van feta kan jy 100 g bloukaas gebruik.
Landbouweekblad, 17 Desember 2010
(Visited 474 times, 1 visits today)
Advertisements