Pasta met Romerige Pepersteaksous

Ingestuur deur Jan van Niekerk

Bestanddele:
60 ml Olyfolie
500 g Steak (filet of kruisskyf werk goed)
1 Ui, in dun skyfies gesny
2 Knoffelhuisies, fyn gedruk
250 g Gemengde sampioene, gesnipper
250 ml Semi-soet witwyn
30 ml Dijon-mosterd
30 ml Worcestersous
15 ml Varsgemaalde swartpeper
125 ml Beesvleisaftreksel
180 ml Room
Sout na smaak
500 g Lintnoedels

Metode:
Verhit helfte van olie in ’n pan en braai steak tot gaar na smaak. Haal uit pan en laat rus eenkant. Braai intussen ui en knoffel in die pan waarin steak gaargemaak is, tot sag.

Voeg sampioene by en braai tot gaar. Voeg wyn by en verhit tot kookpunt. Kook vinnig vir drie minute.

Voeg mosterd, worcestersous, swartpeper en aftreksel by en verhit weer tot kookpunt. Kook vir sowat vyf minute. Voeg room by en laat deurkook. Geur na smaak met sout. Hou sous eenkant warm.

Kook pasta in ’n pot vinnig-kokende soutwater tot sag, maar steeds ferm. Terwyl pasta kook, sny steak in dun repies en voeg by romerige sous. Sodra die pasta gaar is, dreineer en bedruip met die orige olyfolie. Verdeel die pasta tussen vier borde of bakkies en skep die sous booor. Sit dadelik voor.

Lewer vier porsies.

Landbouweekblad, 5 November 2010

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 568 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *