Ingestuur deur Okkie
Bestanddele
1 pakkie skilferkorsdeeg
3 patats, gaar en geskil
1 koppie room
1 koppie bruinsuiker
Metode
Laat die patats goed afkoel en maak dit fyn.
Smeer dit oor die skilferkors.
Rol dit op soos ‘n roly poly.
Sny in wiele.
Meng room en bruinsuiker goed.
Gooi dit oor die patatwiele.
Bak oop in oond teen 180 grade vir 20 minute.
Dit sal goed vries ongebak
Wenk van JF Nel
As jy sonde wil doen moet jy marshmallows en gebreekte gemmer koekies oor die patat sit voor jy dit oprol!!! HEERLIK verby
(Visited 1,159 times, 1 visits today)
Advertisements
ronel1959@iway.na