Psalms 70:5

Baie dankie vir almal wat geantwoord het asook
diegene wat laat weet het van dubbel epos.
Dit voel sommer of ek by almal gekuier het.
Indien jy nie geantwoord het nie verwyder ek
dan jou adres teen more.
Woensdag 20 April 2016 Tema: Hy help jou 3

**** My eie woorde
**** Weet julle, dis seker een van die moeilikste dinge vir elkeen
van ons om by die plek te kom waar ek eerlik is met myself en kan
erken, maar ek was verkeerd ek het ‘n fout gemaak. Skuld en
ooreet is dieselfde. Ons kan dit mos altyd verduidelik. Sodra ek
nie meer kan verduidelik nie blameer ek iemand anders. Ek
ontvang daagliks briefies van mense wat in skuld vasgevang is en
nou moet die HERE vinnig uitkoms gee. ‘n Gebrek aan
selfbeheersing is sonde . Toe Jesus die sondige vrou wegstuur
maak Hy haar vry, maar met ‘n opdrag “Gaan heen en sondig nie
meer nie” Soms is ons soos Dawid waar ons God spreekwoordelik
in ‘n blik wil druk….. want ek wil NOU uitkoms hê maar ek het jare
geneem om te kom waar ek is. Geloof is juis om te wag met
vertroue. Juis daarom moet die HERE stadig wees in Sy optrede
anders leer ons nie en gaan ons voort in ons sonde, want Hy sal
gou -gou help. So my woord vir vandag is dan die HERE help ons
verseker maar laat ons ons eie lewens ondersoek en regmaak
daar waar ek self verkeerd is.

Psalms 70:5 (70:6) Maar ek is ellendig en behoeftig: o God, kom
tog gou na my! U is my hulp en my redder; HERE, vertoef tog nie!
Joh.8:11 En sy antwoord: Niemand nie, Here. En Jesus sê vir
haar: Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer
nie.
Jesaja 55:8 Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle
weë is nie my weë nie, spreek die HERE.
Jesaja 55:9 Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my
weë hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes.

GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 20 April 2016
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag.
Liz Pretorius 20 April
Rozel Robbertse 20 Apr.
Indien jy op Facebook is “like” asb my skakel
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
________________________________________
Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
blye.versekering.audiocd@gmail.com?subject=Gratis_CD_asb
of stuur epos aan blye.versekering.audiocd@gmail.com
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadres met “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Ek stuur daagliks in die week e-pos uit, indien jou e-pos ophou,
doen asb. navraag. Soms verloor ek adresse ander kere kom e-pos
aanhoudend terug dan staak ek die inskrywing.
________________________________________
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
gebruik net die epos adres:
Gebed.asseblief@gmail.com
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring
Terugvoer:
blye.versekering@gmail.com?subject=Terugvoer
Om uit te teken:
Wanneer jy met verlof gaan of van werkplek verander teken uit asb.
blye.versekering@gmail.com?subject=STAAK

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 90 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *