Tuna-Risotto

Ingestuur deur Jan van Niekerk

Bestanddele:
30 ml Olyfolie
30 ml Botter
1 Ui, fyn gekap
2 Knoffelhuisies, fyn gekap
500 ml Arborio (risotto)-rys
125 ml Witwyn
1,25 Liter goeie groente-aftreksel
375 ml Bevrore ertjies
2 x 170 g Blikke tuna, gedreineer
30 ml Botter, ekstra
1 Wiel fetakaas, fyn gekrummel
150 ml Gerasperde parmesaankaas
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Vars suurlemoensap na smaak

Metode:
Verhit olie en botter in ’n swaarboompot oor matige hitte. Braai ui en knoffel daarin tot sag. Voeg rys by en braai tot ál die ryskorrels met ’n lagie olie bedek is. Voeg wyn by en kook vinnig tot amper al diewyn weggekook is.

Voeg ’n koppie van die aftreksel by en ver hit weer tot kookpunt terwyl aanhoudend geroer word. Sodra die aftreksel geabsorbeer is, voeg die volgende koppievol by en roer aanhoudend. Hou só aan tot ál die aftreksel gebruik is en die rys gaar en romerig is. Voeg ertjies by en prut vir ’n minuut of twee.

Verwyder van hitte en roer tuna, botter, fetakaas, parmesaan en geurmiddels by. Druk suurlemoensap oor en sit voor.

Lewer vier ruim porsies.

Landbouweekblad, 5 November 2010

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 145 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *