Vark Nektjops met Olyf Salsa

Ingestuur deur Jan van Niekerk

As ek frikkadelle met varkvleis maak, sit ek graag gekapte spekvleis en fyngekapte groen olywe in – ek is dol oor die geur daarvan saam met gerookte varkvleis. Daarom dié resep. Dis ideaal vir die somer en die salsa smaak hemels saam met ’n bros gebraaide varktjoppie.

Bestanddele:
Salsa
1 Knoffelhuisie, fyn gedruk
3 Agurkies, fyngesnipper
50 g Groen olywe, ontpit en fyngekap
8 Pikantrissies (Peppadews), fyngesnipper
45 ml Gekapte, vars pietersielie
Fyngerasperde skil vanhalwe suurlemoen
45 ml Olyfolie
Skeut vars suurlemoensap
4 Vark nektjops
Sout en vars gemaalde swartpeper
Olie, vir braai

Metode:
Meng ál die bestanddele vir die salsa goed saam. Bedek en verkoel tot benodig. Geur die tjops met sout en peper en verhit ’n bietjie olie in ’n riffelpan. Braai die tjops vir vyf minute aan elke kant of tot gaar. Sit voor met die salsa en aartappel- of koolslaai. Lewer vier porsies.

Landbouweekblad 24 November 2010

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 129 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *