1 Konings 22

RAADPLEEG EERS.
In 1 Konings 22 lees ons die verhaal van koning Agab van Israel en koning Josafat van Juda. Agab het besluit om teen Ramot in Gilead oorlog te gaan maak en vra vir Josafat om saam met hom teen hulle op te trek. In vers 4 en 5 lees ons Josafat se antwoord: “‘Ek en jy is een. My manskappe is jou manskappe, en my perde is jou perde. Maar,’ het Josafat verder vir die koning van Israel gesê, ‘raadpleeg net eers die Here.'”
Besluite en keuses vereis wysheid. Soms kan ons eenvoudig ons gesonde verstand gebruik om die regte besluit te neem, maar ander kere het ons baie meer wysheid nodig. Dit is dán wanneer ons Josafat se voorbeeld moet volg – raadpleeg eers die Here. Spreuke 3:5-7 leer vir ons: “Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. Moenie dink jy het die wysheid in pag nie…”. En in Jakobus 1:5 kry ons die volgende opdrag en belofte: “As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt.”
Wanneer jy volgende keer weer ‘n moeilike besluit moet neem, onthou vir koning Josafat en ‘raadpleeg eers die Here’!
Here, ek bid vir U wysheid wanneer ek besluite moet neem. Dankie dat U belowe om dit vir my te gee, sonder voorbehoud en verwyt, in Jesus Naam.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 134 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *