1Pet 2:3-5

Vrydag 6 Mei 2016 Tema: Kom skuil hier 5
**** My eie woorde
**** Wat is die basis, die fondasie van jou lewe? Waarop bou jy
die sukses van jou lewe. Is dit jou besittings, jou kennis en
intelligensie, jou huisgesin, of dalk jou beroep. Wanneer jou oë
oopgaan in die oggend en jy is so rukkie stil…aan wat of wie dink
jy eerste, of is jou brein in die hoogste versnelling vir die dag wat
voorlê. Ons kan maklik sê dis Christus, want dit is mos die regte
antwoord. My vraag dan . Is Hy regtig die spil waarom alles in jou
en my lewe draai, of skuil ons net by Hom in nood as ons Rots,
wanneer die storm losbars. As dit verby is loop ons weer ons eie
pad, dan gaan ons voort asof Hy nie bestaan nie, totdat ek Hom
weer nodig kry. Ek wil jou uitdaag, wanneer jy môreoggend
wakker maak en jou oë gaan oop. Lê net so oomblik en sê: Here
dankie vir hierdie nuwe dag, dat ek met krag en sterkte kan
wakker word vanmôre. Stap saam met my hierdie dag in. Jy sien
dan is jou fondasie gelê vir die dag want dan gaan Heilige Gees
jou dring tot groter aanbidding
1Pet 2:3-5
V3 as julle ten minste gesmaak het dat die Here goedertieren is.
V4 Kom na Hom toe, die lewende steen wat deur die mense wel
verwerp is, maar by God uitverkore en kosbaar is; V5 en laat julle
ook soos lewende stene opbou, tot ‘n geestelike huis, ‘n heilige
priesterdom, om geestelike offers te bring wat aan God
welgevallig is deur Jesus Christus.
Luk. 6:48
V48 Hy is soos ‘n man wat ‘n huis bou, wat gegrawe en diep
ingegaan en die fondament op die rots gelê het; en toe die
vloedwater kom en die stroom teen daardie huis losbreek, kon hy
dit nie beweeg nie, omdat sy fondament op die ROTS was.
Ps 71:3 Wees vir my ‘n rots om in te woon, om gedurig in te
gaan; U wat bevel gegee het om my te verlos, want U is my rots
en my bergvesting.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 6;7 Mei & 8 Mei 2016
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag.
Rentia Boshoff 6 Mei
Joyce Lodewyk 6 Mei
Babs Geldenhuys 6 Mei
Luzaan Combrinck 6 Mei
Theresa Garner 7 Mei
Elmarie van Wyk 7 Mei
Louis v d Watt 8 Mei
Franci Bezuidenhout 8 Mei
Marie Smit 8 Mei
Rina Kotzé 8 Mei
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
________________________________________
Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
blye.versekering.audiocd@gmail.com?subject=Gratis_CD_asb
of stuur epos aan blye.versekering.audiocd@gmail.com
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadres met “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Ek stuur daagliks in die week e-pos uit, indien jou e-pos ophou,
doen asb. navraag. Soms verloor ek adresse ander kere kom e-pos
aanhoudend terug dan staak ek die inskrywing.
________________________________________
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
gebruik net die epos adres:
Gebed.asseblief@gmail.com
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring
Terugvoer:
blye.versekering@gmail.com?subject=Terugvoer
Om uit te teken:
Wanneer jy met verlof gaan of van werkplek verander teken uit asb.
blye.versekering@gmail.com?subject=STAAK
________________________________________

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 94 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *