2 Kor. 1V4 ~ My swaarkry 2

Dinsdag 10 Mei 2016 Tema: My swaarkry 2
**** My eie woorde
**** Vanoggend se gedeelte kom uit die 83 Vertaling omdat dit net
so bietjie duideliker is en vir my so baie beteken het.
Wat is jou pyn en swaarkry vandag of verlede week? Weet jy dat
jy baie spesiaal is, want God het jou uitgekies om daardie
beproewing toe te laat omdat Hy jou vorentoe gaan gebruik in
iemand anders se lewe wat deur soortgelyke pyn gaan. Hy kyk
vooruit en weet jy is die regte persoon om daardie kruis op te tel
en vir Hom te dra. Onthou net so weet en verstaan Hy jou
swaarkry en seer en lyding , omdat Hy juis volkome mens geword
het sodat Hy weet waardeur ons gaan. Dan die wonderlike deel is
die oorvloed. Daardie woordjie sê eintlik meer as wat ons nodig
het. So in jou swaarkry is sy bemoediging oorvloedig …meer as
wat jy nodig het. So wees jy verseker vandag jy is nie alleen nie
en jy gaan nie alleen daardeur nie. Parat gerus met Hom daaroor

2 Kor. 1V4 In elke moeilikheid bemoedig Hy ons. Daarom kan
ons ook ander bemoedig wat in allerlei moeilikhede verkeer. Ons
kan hulle bemoedig met dieselfde bemoediging waarmee God
ons bemoedig,
5 want net soos daar vir ons ‘n oorvloed van lyding is ter wille van
Christus, is daar ook vir ons ‘n oorvloed van bemoediging deur
Christus.
6 As ons dus in beproewing kom, is dit dat julle bemoedig en
gered kan word. As ons bemoedig word, is dit om julle te
bemoedig en te versterk, sodat julle met geduld dieselfde lyding
kan verduur wat ons ook verduur.
7 ¶ En wat julle betref, het ons ‘n vaste verwagting: ons weet
dat net soos julle saam met ons deel het aan die lyding, julle ook
aan die bemoediging deel het.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 10 Mei 2016
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag. Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag.
Gerrie v Niekerk 10 Mei
Evelyn Mphahlele 10 Mei
Tarrynne 10 Mei
Verlin 10 Mei
Leonie Comley 10 Mei
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
________________________________________
Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
blye.versekering.audiocd@gmail.com?subject=Gratis_CD_asb
of stuur epos aan blye.versekering.audiocd@gmail.com
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadres met “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Ek stuur daagliks in die week e-pos uit, indien jou e-pos ophou,
doen asb. navraag. Soms verloor ek adresse ander kere kom e-pos
aanhoudend terug dan staak ek die inskrywing.
________________________________________
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
gebruik net die epos adres:
Gebed.asseblief@gmail.com
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring
Terugvoer:
blye.versekering@gmail.com?subject=Terugvoer
Om uit te teken:
Wanneer jy met verlof gaan of van werkplek verander teken uit asb.
blye.versekering@gmail.com?subject=STAAK
________________________________________

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 87 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *