Feta en spek tert ~ Okkie

Ingestuur deur Okkie Jansen van Vuuren
Bestandele
2 koppies spinasie (ontstingel en in fyn repies gesny)
250 gram gekapte spek
1 koppie murgpampoentjies grof gerasper
250 ml natuurlike jogurt
1 gekapte ui
2 skywe fetakaas in blokkies gesny
Half teelepel gekapte knoffel
3 eiers
125 ml koekmeel
125 ml gerasperde cheddar kaas
5 ml bakpoeier
Knypie paprika
Knypie droë gemengde kruie
Sout en peper na smaak
bietjie olyfolie

Metode
Stel oond op 180 Celcius
Verhit olie in man en braai ui en knoffel to begin sag word. Voeg spek by en roerbraai to sag
Geur met speserye verwyder van plaat en voeg feta kaas by. Spen in gesmeerde 22cm oondbak
Klits eiers en roer koekmeel, bakoeier en jogurt in tot sonder klonte
Gooi oor spek mengel en strooi gesperde cheddar oor
Bak 25 tot 30 minute of tot gestol in middel
(werk uitstekend in quiche pan)

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 390 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *