Ingestuur deur Okkie Jansen van Vuuren
Bestanddele
3 eiers, geskei
250ml strooisuiker
25ml grondboontjiebotter
250ml koekmeelblom
5ml bakpoeier
knippie sout
1 liter melk
5ml vanieljegeursel
100ml ongesoute grondboontjies, fyn gekap
Metode
Voorverhit die oond tot 180C. Smeer ‘n 1.5 liter bak met margarien. Klits die eiergele tot lig. Voeg die strooisuiker lepelsgewys by en klits tot lig en romerig. Voeg die grondboontjiebotter by en klits. Sif die droë bestanddele saam en voeg dit afwisselend met die melk by die suikermengsel. Voeg ook die vanieljegeursel en grondboontjies by. Meng goed. Klits die eierwitte styf en vou dit by die mengsel in. Giet dit in die voorbereide tertbord. Plaas in ‘n bak en maak dit halfvol met kookwater. Bak 45-55 minute lank of tot goudbruin van bo en totdat die eiervlamengsel gestol is. Bedien warm met vla.