Heuning-Geroosterde Botterskorsie met Kaneel en Pekanneute

Ingestuur deur Jan van Niekerk

Bestanddele:
2 Botterskorsies, geskil en in blokkies gesny
Olyfolie
Sout na smaak
80 ml Heuning
10 ml Fyn kaneel
100 g Pekanneute, liggies gerooster
125 ml Klapperskaafsels, liggies gerooster

Metode:
Voorverhit die oond tot 200 °C. Stoom die botterskorsieblokkies eers liggies in die mikrogolf en skep dit dan in ’n enkellaag in ’n groot oondbak. Bedruip met olyfolie en geur met ’n bietjie sout. Oondrooster vir sowat 30 minute, tot sag.
Haal uit die oond, skud die pan goed en bedruip met heuning. Sprinkel die kaneel oor en oondrooster vir ’n verdere 20-30 minute, tot goudbruin en klewerig. Haal uit die oond en voeg die neute en klapper by. Sit warm of teen kamertemperatuur voor.

Landbouweekblad, 17 Desember 2010

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 532 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *