Jakobus 1 V2 ~ My Swaarkry

Maandag 9 Mei 2016 Tema: My swaarkry 1
**** My eie woorde
****Veronderstel jy gaan deur ‘n donker tyd in jou lewe, en jy vra
raad of advies van iemand en die persoon sê vir jou: “Prys die
HERE dis wonderlik!” In jou gedagte dink jy … “ Ag mens, jy weet
nie waarvan jy praat nie ek dink nie jy het ’n idee waardeur ek
nou gaan nie” Tog is dit presies wat Jakobus doen, hy sê jy moet
BAIE bly wees, maar hy motiveer sy antwoord waarom hy so ‘n
stelling maak. Hy sê dis eintlik om ons geloof te toets, dit leer
ons om te volhard en die uiteinde is dat ons geestelik groei.
Dink gerus nou terug aan jou eie beproewing van nou onlangs,
kyk of jy hierdie elemente daarin sien. Miskien is jy tans nog
steeds in daardie swaarkry. Die grootste les daarin is dan juis om
volkome op die Here te vertrou en in Hom te en Hy SAL jou
deurdra. Onthou na die nag MOET die dag aanbreek, dit kan nie
net donker bly nie. Miskien is jou swaarkry darem te erg, jy het so
pas jou werk verloor, of jy het kanker, jy het ’n geliefde aan die
dood afgestaan. Ek wil jou verseker dat dit weer beter sal gaan.
Uitkoms sal kom. Die seer en pyn sal beter word. Onthou alles op
die aarde is tydelik. Ons moet deur pyn, swaar en seer gaan om
ons gereed te kry in ons karakters om gereed te wees vir God se
koninkryk.
Jakobus 1 V2 My broers, julle moet baie bly wees wanneer
allerlei beproewings oor julle kom, V3 want, soos julle weet, as
julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te
volhard. V4 En die volharding moet end-uit volgehou word
sodat julle tot volle geestelike rypheid kan kom, sonder enige
tekortkoming.
****Dis maklik om vir ’n kort tydjie te glo maar wanneer dit lyk asof
die antwoord nie kom nie en dinge gebeur nie soos ek verwag of
dink nie, is dit ‘’n ander storie. Dis wanneer ons moet volhard tot
die end
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 9 Mei 2016
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag.
Elize Claasen 9 Mei
Bianca Swart 9 Mei
Chris Putter 9 Mei
Carina Mouers 9 Mei
Nelamrie Derry 9 Mei
Sue-Ellen Erasmus 9 Mei
Flowery Claasen 9 Mei
Sonnet Vogel 9 Mei
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
________________________________________
Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
blye.versekering.audiocd@gmail.com?subject=Gratis_CD_asb
of stuur epos aan blye.versekering.audiocd@gmail.com
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadres met “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Ek stuur daagliks in die week e-pos uit, indien jou e-pos ophou,
doen asb. navraag. Soms verloor ek adresse ander kere kom e-pos
aanhoudend terug dan staak ek die inskrywing.
________________________________________
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
gebruik net die epos adres:
Gebed.asseblief@gmail.com
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring
Terugvoer:
blye.versekering@gmail.com?subject=Terugvoer
Om uit te teken:
Wanneer jy met verlof gaan of van werkplek verander teken uit asb.
blye.versekering@gmail.com?subject=STAAK
________________________________________

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 100 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *