Jes. 51:1

Donderdag 5 Mei 2016 Tema: Kom skuil hier 4

**** My eie woorde
**** Daar is ‘n Engelse spreekwoord wat sê: “A chip of the old
block” of soos ons sê “ Aartjie na sy vaartjie” As Hy ons Hemelse
Vader is…kan dit mos van my en jou gesê word, want ons is dan
juis uit Hom gekap. Toemaar ek weet ons is nog nie daar nie,
maar ons gaan nie ophou strewe om Sy beeld deelagtig te word
nie. Onthou dit waarmee ons ons sintuie besig hou verander ons.
Daar is niks so stimulerend vir jou brein as die Bybel nie. Iemand
sê nou die dag mens studeer sovele jare om al die grade te kry en
binne ‘n kort tydperk is daardie kennis verouderd en moet jy
jouself tot op hede bywerk. Die Bybel bestudeer ons al honderde
jare en dis steeds elke dag nuut. Jy kan Psalm 23 uit jou kop uit
ken en dan een oggend lees jy dit en skielik sien jy iets heeltemal
anders daarin raak. Die Heilige Gees, een van die Drie-Eenheid is
die skrywer, maar Hy woon ook binne ons, om ons te leer. Die
volgende teks het jy al baie gelees maar kyk vanoggend met
nuwe oë daarna.

Jes. 51:1 Luister na My, julle wat die geregtigheid najaag, wat die
HERE soek! Aanskou die rots waaruit julle gekap is en die holte
van die put waaruit julle gegrawe is.
Die eerste opdrag is : “ Luister na My “ dan sê dit wie
aangespreek word… julle wat in ’n regte verhouding met God wil
staan en wat die Here soek- m.a.w. Jy wat hier lees. Nou die
volgende opdrag “Aanskou die rots waaruit jy gekap is” ..Aanskou
is kyk en kyk en kyk ….Daardie Rots is Christus. Hoe aanskou ek
en jy Hom…in Sy Woord . Mag jou dag geseënd wees terwyl jy
opnuut opgewonde raak oor Sy Woord.
1Pet 2:6 Daarom staan dit ook in die Skrif: Kyk, Ek lê in Sion ‘n
uitverkore en kosbare hoeksteen, en die wat in Hom glo, sal nooit
beskaam word nie.
Ps.18:2 (18:3) Die HERE is my rots en my bergvesting en my
redder; my God, my rots by wie ek skuil; my skild en die horing
van my heil, my rotsvesting.

GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 5 Mei 2016
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag.
Hanlie v Zyl 5 Mei
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
________________________________________
Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
blye.versekering.audiocd@gmail.com?subject=Gratis_CD_asb
of stuur epos aan blye.versekering.audiocd@gmail.com
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadres met “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Ek stuur daagliks in die week e-pos uit, indien jou e-pos ophou,
doen asb. navraag. Soms verloor ek adresse ander kere kom e-pos
aanhoudend terug dan staak ek die inskrywing.
________________________________________
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
gebruik net die epos adres:
Gebed.asseblief@gmail.com
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring
Terugvoer:
blye.versekering@gmail.com?subject=Terugvoer
Om uit te teken:
Wanneer jy met verlof gaan of van werkplek verander teken uit asb.
blye.versekering@gmail.com?subject=STAAK
________________________________________

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 124 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *