Joh 4v15

Maandag 23 Mei 2016 Tema: Sy uitnodiging 1
**** My eie woorde
**** Jesus tree in gesprek met ‘n heidense vrou. Sy eerste opdrag
aan haar is om haar man te gaan roep, en dan na Hom te kom. Sy
doel is drieledig, want daardeur wys Hy dat Hy haar beter ken as
wat sy dink en tweedens wil Hy ons nie alleen red nie en derdens,
sy het ‘n opdrag gehad om uit te voer en dit was eintlik om te dink
oor haar lewe. My vraag is, wie is daar wat jy moet gaan roep en
dalk is vandag juis die regte dag om te gaan dink oor jou lewe.
Ons lewe op die drumpel van die ewigheid ja, maar as jy vannag
sou sterf is jy gereed? Geseënde week vol genade vir jou .

Joh 4v15 Die vrou sê vir Hom: Here, gee my daardie water,
sodat ek nie dors kry en hier hoef te kom skep nie.
16 Jesus sê vir haar: Gaan roep jou man en kom hier.
17 Die vrou antwoord en sê: Ek het nie ‘n man nie. Jesus sê vir
haar: Jy het reg gesê: Ek het nie ‘n man nie;
Joh.16:30 Nou weet ons dat U alles weet en nie nodig het dat
iemand U iets vra nie. Daarom glo ons dat U van God uitgegaan
het.

GETUIENISSE en TERUGVOER
**** Mense ek prys die HERE dat Hy voorsien het . Ek het die
naweek 10 vol stelle CD’s gemaak. Die drukwerk gaan nou
vinniger en die klank is baie beter. Sodra ek dan nuwe CD’s
gemaak het hou ek julle hier op hoogte.
JH stuur hierdie: “ Ek wil u eerstens bedank vir die 3cd’s wat ek vandag
deur pos ontvang het. Sal u groot asb. vir my email met bestel vorm
kan stuur. Ek gaan 31 Mei Pretoria toe, is daar n plek waar ek my
bestelling sommer kan optel”
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 23 Mei 2016
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag.
Kayleen Basson 23 Mei
Samantha Bouwers 23 Mei
Lindi Botes 23 Mei
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
________________________________________
Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
blye.versekering.audiocd@gmail.com?subject=Gratis_CD_asb
of stuur epos aan blye.versekering.audiocd@gmail.com
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadres met “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Ek stuur daagliks in die week e-pos uit, indien jou e-pos ophou,
doen asb. navraag. Soms verloor ek adresse ander kere kom e-pos
aanhoudend terug dan staak ek die inskrywing.
________________________________________
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
gebruik net die epos adres:
Gebed.asseblief@gmail.com
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring
Terugvoer:
blye.versekering@gmail.com?subject=Terugvoer
Om uit te teken:
Wanneer jy met verlof gaan of van werkplek verander teken uit asb.
blye.versekering@gmail.com?subject=STAAK
________________________________________

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 80 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *