Kerrie Hoenderslaai met Lietsjies

Ingestuur deur Jan van Niekerk

Bestanddele:
4 Hoenderborsies
Sout, vars gemaalde swartpeper en hoenderspeserye na smaak
Olie, vir braai
250 g Slaaiblare, grof geskeur
Sowat 12 lietsjies, afgedop, ontpit en grof gekap
1 Ui, gehalveer en baie dun gesny
Handvol geroosterde, gesoute makadamia of brasiliaanse neute, grof gekap

Slaaisous
10 ml Kerriepoeier
60 ml Mayonnaise
60 ml Natuurlike jogurt
30 ml Vrugteblatjang
5 ml Gerasperde vars gemmer

Metode:
Kap die hoenderborsies effens platter met ’n vleishamer en geur aan albei kante met sout, peper en speserye. Verhit ’n klein bietjie olie in ’n swaarboompan en braai die borsies tot deurgaar. Laat rus vir ’n paar minute en sny in repies.

Maak die slaaisous: Klits al die bestanddele saam tot goed gemeng en hou eenkant. Rangskik die slaaiblare op ’n dienbord en skep die hoender en lietsjies bo-op. Strooi die ui en neute oor en klam aan met slaaisous.

Lewer vier porsies.

Landbouweekblad, 21 Januarie 2011

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 704 times, 2 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *