Lekker Seekos-Paella

Ingestuur deur Jan van Niekerk

Bestanddele:
30 ml Olyfolie
1 Rooi-ui, grofgekap
3 Knoffelhuisies, fyngekap
1 Rooi soetrissie, in repe gesny
2 Chorizo-worse, in skywe gesny
500 ml Langkorrelrys
500 ml Witwyn
1 ml Borrie
1 ml Paprika
2 Lourierblare
1 Blik (410 g) gekapte tamaties
1,5 Liter hoender-aftreksel
400 g Steurgarnale (prawns)
200 g Halfskulp-mossels
5 Tiemietakkies se afgestroopte blare
Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Hand vol pietersielie, grofgekap

Metode:
Verhit olyfolie in ‘n paella-pan. Braai ui, knoffel en soetrissie saam vir sowat 2 minute.
Voeg chorizo by en braai vir sowat 5 minute. Voeg rys by en braai vir sowat 5 minute.
Gooi witwyn by en braai totdat wyn byna weggekook het. Voeg borrie, paprika, lourierblare en tamaties by.
Voeg aftreksel met ‘n groot soplepel by, lepel vir lepel. Roer nou en dan.
Voeg steurgarnale, mossels en tiemie by so 10 minute voordat rys gaar is. Geur met sout en swartpeper.
Wanneer steurgarnale pienk is, is hulle gaar. Sprinkel pietersielie oor.

LEKKER RESEPTE VIR JAGTERS EN BOERE

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 5,459 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *