LIKEUR FUDGE

Ingestuur deur Lynette Muller

Bestanddele
1 472 ml (800 g) strooisuiker
250 ml (250 g) botter
125 ml melk
100 ml Cointreau- of Amarula-likeur
1 blikkie kondensmelk
knypie kremetart

SO MAAK JY:
Verhit al die bestanddele in ’n swaarboomkastrol oor lae hitte tot die suiker opgelos het.
Verhit tot dit kook terwyl jy aanhoudend roer. Stel die hitte laer en prut liggies vir 40 minute of tot die mengsel sagtebal-stadium bereik (as jy ’n bietjie van die mengsel in yskoue water drup en dit vorm ’n sagte balletjie met ’n fudge-tekstuur, is dit reg).
Klop die mengsel met ’n elektriese klitser vir sowat drie tot vyf minute totdat dit dik en romerig is. (Hou op en gooi dit uit sodra die mengsel begin stol.) Gooi dit in ’n gesmeerde bakplaat en laat dit effens afkoel voor jy dit in klein vierkante sny.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 405 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *