RUSSIESE RYSSKOTTEL

Ingestuur deur Rika Theron

(4 – 6 porsies)

Bestanddele
1 ui, fyngekap,
250 ml tamatiepuree,
1 groen soetrissie, gekap,
250 ml rou rys,
450 g gaar souserige maalvleis,
500 ml warm water,
sout en peper na smaak.

Metode
Verhit oond (180*C) en smeer ‘n oondbak met deksel met botter. Rangskik bestanddele in lae (begin met uie en laastens warm water en geurmiddels) in oondbak. Bedek en bak 1 uur lank tot rys gaar is. Geniet met ‘n groenslaai.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 347 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *