SKILLIE SE AARBEI POEDING RESEP

Ingestuur deur Koekoes Vorster

BENODIG;
1 X PAKKIE AARBEI JELLIE
1 X PAKKIE AARBEI KITSPOEDING
4 X VARS AARBEIE IN HELFTE GESNY
4 X GROTERIGE WYNGLASE MET STINGELS
250ml VARSROOM OF ORLEY WHIP BLIKKIE ROOM
1 X CADBURY FLAKE SJOKOLADE VERKRUMMEL.
AANGEMAAKTE STYWE VLA

METODE;
1) MAAK JELLIE AAN VOLGENS AANWYSINGS OP PAKKIE
2) HOU WYNGLASE TEEN ‘n HOEK VAN ONGEVEER 60ᵒ.
3) GOOI NOU SO 2/3 VOL MET DIE JELLIE OP DIE SKUINSHOEK.
4) PLAAS IN YSKAS GEBRUIK DIE DRARAK VAN DIE YSKAS OM SKUINSTE TE BEHOU EN LAAT STOL
5) MAAK NOU KITSPOEDING AAN EN SKEP IN ANDER HELFTE VAN DIE GLASE OOK SO 2/3 VOL. LAAT GENOEG SPASIE BO DIE GLAS OM MET DIE AANGEMAAKTE VLA TE VUL.
6) SPUIT NOU DIE ROOM BO-OP DIE GLASE (VUL TOT AMPER VOL.
7) STROOI VERKRUMMELDE SJOKOLADE BO-OOR.
8) PLAAS ½ AARBEIE BO-OP .
9) PLAAS IN YSKAS TOT BENODIG

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 550 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *