Spr.24:16

Vrydag 13 Mei 2016 Tema: My swaarkry 5

**** My eie woorde
****Toe Jakob die nag met God worstel toe hou hy aan tot
dagbreek toe. Die Here se beloftes is vir die wat oorwin, vir die
wat die voorwaardes nakom. Dis my en jou keuse of ons gaan
moed opgee wanneer Hy ons toets. Onthou die hemel is vir die
aanhouers en wenners. Die beloftes is vir hulle wat oorwin in Sy
krag, wat volhard tot Hy kom, of tot ons sterf. Die wat opstaan
wanneer hulle geval het en nie bly lê nie, omdat hulle oog gevestig
is op Jesus die voleinder van ons geloof. Onthou die HERE vra
niks waarvoor Hy ons nie miljoen keer meer voor gaan beloon nie.

Genesis 32:26 Toe sê Hy: Laat My gaan, want die dag het
gebreek. Maar hy antwoord: Ek sal U nie laat gaan nie tensy dat
U my seën.
Spr.24:16 Want sewe maal val die regverdige en staan weer op,
maar die goddelose struikel in die ongeluk.
Open 3 V10 Omdat julle aan die boodskap van my volharding in
lyding vasgehou het, sal Ek julle ook vashou in die tyd van
beproewing wat oor die hele wêreld gaan kom om die bewoners
van die aarde op die proef te stel. V11 Ek kom
gou. Hou vas wat julle het, sodat niemand julle kroon wegvat
nie. V12 Elkeen wat die oorwinning behaal, sal Ek ‘n pilaar in
die tempel van my God maak, en hy sal vir altyd daar bly. Ek sal
op hom die Naam van my God skrywe en die naam van die stad
van my God, die nuwe Jerusalem, wat van my God af uit die
hemel uit afkom. En Ek sal ook my eie nuwe Naam op hom
skrywe. V13 Elkeen wat kan hoor, moet luister na wat die Gees
vir die gemeentes sê.

GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 13,14 & 15 Mei 2016
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag.
Haley Swanepoel 13 Mei
Marieta 13 Mei
Magda von Stade -13 May
Lolita Soldaat 14 Mei
Lita Tallie 15 Mei
Erika Barnard 15 Mei
Sonja Rademeyer 15 Mei
Hermien Scholtz 15 Mei
Medline v d Westhuizen 15 Mei
Gerda du Toit 15 Mei
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
________________________________________
Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
blye.versekering.audiocd@gmail.com?subject=Gratis_CD_asb
of stuur epos aan blye.versekering.audiocd@gmail.com
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadres met “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Ek stuur daagliks in die week e-pos uit, indien jou e-pos ophou,
doen asb. navraag. Soms verloor ek adresse ander kere kom e-pos
aanhoudend terug dan staak ek die inskrywing.
________________________________________
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
gebruik net die epos adres:
Gebed.asseblief@gmail.com
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring
Terugvoer:
blye.versekering@gmail.com?subject=Terugvoer
Om uit te teken:
Wanneer jy met verlof gaan of van werkplek verander teken uit asb.
blye.versekering@gmail.com?subject=STAAK
________________________________________

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 75 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *