Heerlike Varkribbetjies

Ingestuur deur Jan van Niekerk

Bestanddele:
2 kg Varkribbetjies
125 ml Tamatiesous
30-45 ml Klam bruinsuiker
30 ml Soetrissiesous
60 ml Sojasous
30 ml Vars suurlemoensap

Metode:
Voorverhit die oond tot 190 grade C en voer ’n paar bakplate met foelie uit. Pak die ribbe op die bakplate en bak vir sowat 30-40 minute tot gaar. Haal uit die oond en laat effens afkoel. (Dis belangrik, anders sal die marinade net afgly as jy dit op vuurwarm ribbetjies smeer.) Meng die tamatiesous, suiker, rissiesous, sojasous en suurlemoensap saam. Bedek en verkoel tot reg om te gebruik. Voorverhit die oond se roosterelement. Smeer die ribbetjies goed met die marinade en oondrooster tot gaar na jou smaak. Smeer gereeld nog van die marinade oor. Sit voor met aartappelskyfies of fyn aartappel en ertjies.

Lewer tien porsies.

Landbouweekblad 23 November 2010

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 261 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *