Jer.1:5

Dinsdag 7 Junie 2016 Tema: Stukkend 2

**** My eie woorde
****Die volgende deel is dat ons soms ‘n rede soek waarom die
stukkende lewe en dan begin ons blameer. Dis dié een of
daardie een, of dié omstandighede of daardie. As dit nou nie so
was nie of sus, dan sou dit of dat nooit gebeur het nie. Voor ek
en jy gebore is, het God ons reeds raakgesien. Vanaf ons eerste
asemteug was dit Sy doel om nog enetjie vir Sy Koninkryk te
wen. Dan die lastige deel waaroor ek gister gepraat het, ons
vrye keuse wat Hy nie mag wegneem nie anders sê satan ons
word voorgetrek. So dit maak nie saak wie of wat of vir watter
rede ek en jy stukkend is nie, die antwoord lê steeds by my en
jou Skepper. Hy wat kan regmaak wat stukkend is, wat situasies
en mense oor ons pad kan stuur vir heling maar boweal Hy is
die groot Geneesheer. Kyk wat sê die HERE vir Jeremia en vir
jou vandag.

Jer.1:5 Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek
jou geken; en voordat jy uit die liggaam voortgekom het, het Ek
jou geheilig; Ek het jou tot ‘n profeet vir die nasies gemaak.
v6 Toe het ek gesê: Ag, Here HERE, voorwaar, ek kan nie praat
nie, want ek is jonk. v7 Maar die HERE het vir my gesê: Moenie
sê: Ek is jonk nie; want na wie Ek jou ook al stuur, moet jy gaan;
en wat Ek jou ook al beveel, moet jy spreek.
Ps.138:6 Want die HERE is verhewe; nogtans sien Hy die
nederige aan, en die hoogmoedige ken Hy uit die verte. 7As ek
te midde van benoudheid wandel, behou U my in die lewe; U
steek U hand uit teen die toorn van my vyande, en U regterhand
verlos my. 8 Die HERE sal dit vir my voleindig! U
goedertierenheid, HERE, is tot in ewigheid: laat nie vaar die
werke van u hande nie!

GETUIENISSE en TERUGVOER
F getuig:
My vrou het Lupus en Rheumatoid Arthritis. Daar is Biologiese
behandeling vir Rheumatoid Arthritis, maar die behandeling kos
ongeveer R 9 000 per maand. Ons het aansoek gedoen vir die
behandeling en my vrou se behandeling is goedgekeur. Na die
eerste behandeling by die huis aangekom het, wag ons in
spanning vir die bybetaling. Na ‘n dag laat weet die mediese
fonds dat hulle alles betaal het. Dit is nie al nie, na 4 dae begin
my vrou al klein positiewe veranderinge voel, haar hande is nie
meer so geswel en seer nie. Nie net word alles betaal nie, maar
die behandeling begin werk. Alle lof en eer kom ons God toe.
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas
dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 7 Junie 2016
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag.
Desiree Garises 7 Junie
Ben Heyns 7 Junie
Monica Buys 7 Junie.
Chris Joubert 7 Junie
Rickey Isaacs 7 Junie
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
________________________________________
Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
blye.versekering.audiocd@gmail.com?subject=Gratis_CD_asb
of stuur epos aan blye.versekering.audiocd@gmail.com
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadres met “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Ek stuur daagliks in die week e-pos uit, indien jou e-pos ophou,
doen asb. navraag. Soms verloor ek adresse ander kere kom e-pos
aanhoudend terug dan staak ek die inskrywing.
________________________________________
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
gebruik net die epos adres:
Gebed.asseblief@gmail.com
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring
Terugvoer:
blye.versekering@gmail.com?subject=Terugvoer
Om uit te teken:
Wanneer jy met verlof gaan of van werkplek verander teken uit asb.
blye.versekering@gmail.com?subject=STAAK
________________________________________

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 172 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *