Jos.24:15

Maandag 6 Junie 2016 Tema: Stukkend 1
**** My eie woorde
**** Het jy al iets kosbaar per ongeluk laat val ? Ek dink ons
almal het al. Wanneer daardie item op die vloer aan skerwe lê
wil jy sommer die horlosie terugdraai. Eerstens vra jy jouself af ,
hoe kon jy tog so onverskillig wees. Jy sien die duisende
stukkies en jy weet nie hoe gaan jy alles bymekaarkry nie.
Vandag is daar baie sulke mense wat so na hulle lewens kyk.
Dalk is jy een van hulle. Eerstens wens jy dat jy die horlosie kan
terugdraai en oorbegin. Tweedens begin jy jouself verwyt en
soms verag en wonder hoe kon jy?….. Net soos ons na daardie
stukkende item op die vloer staan en kyk, so staan Jesus
vanoggend na jou en kyk. Hy weet Hy kan jou heelmaak, maar
Hy sit met een probleem en dis my en jou vrye keuse. Hy mag
dit nie wegneem nie, want selfs satan het ’n vrye keuse gehad
toe kies hy hoogmoed en trots en dompel ons almal uiteindelik in
sonde.

Jos.24:15 Maar as dit verkeerd is in julle oë om die HERE te
dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: òf die gode wat
julle vaders daar oorkant die Eufraat gedien het, òf die gode van
die Amoriete in wie se land julle woon; maar ek en my huis, ons
sal die HERE dien.
Matt.11:28 Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en
Ek sal julle rus gee.

**** Dis Sy uitnodiging vir my en jou vandag dat Hy ons weer
heel kan maak
GETUIENISSE en TERUGVOER
**** Ek pos vandag die laaste bestelling van 26 CD’s .
Ek is nou weer op datum en beplan om dan weer nuwes te
maak.
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 6 Junie 2016
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet
jou bederf dag.
Esmé Cloete 6 Junie
Karin Nienaber 6 Jun
Hildaleen Annandale 6 Jun
Linde Punzul 6 Jun.
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
________________________________________
Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
blye.versekering.audiocd@gmail.com?subject=Gratis_CD_asb
of stuur epos aan blye.versekering.audiocd@gmail.com
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadres met “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Ek stuur daagliks in die week e-pos uit, indien jou e-pos ophou,
doen asb. navraag. Soms verloor ek adresse ander kere kom e-pos
aanhoudend terug dan staak ek die inskrywing.
________________________________________
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
gebruik net die epos adres:
Gebed.asseblief@gmail.com
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring
Terugvoer:
blye.versekering@gmail.com?subject=Terugvoer
Om uit te teken:
Wanneer jy met verlof gaan of van werkplek verander teken uit asb.
blye.versekering@gmail.com?subject=STAAK
________________________________________

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 69 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *